Namibië tweede vir waarde in toerisme

Go Back

Tuesday, 1st November 2016

Written by Francoise Steynberg and pubished in the Republikein on 31/10/2016

Namibië is deur Lonely Planet as die tweede beste bestemming van waarde vir begrotings­bewuste toeriste aangewys.

Nepal beklee die eerste plek.

“Die swak rand waaraan Namibië gekoppel is, se waarde het die afgelope paar jaar gedaal en dit skep geleenthede om hierdie wonderlike land te ervaar,” volgens Lonely Planet, ''n wêreldbekende reisgidsboek.

“Gaan kyk na wild in die Etosha Nasionale Park, gaan stap die ongelooflike staproete deur die Visrivier-canyon en gaan ry duine­plank op die magtige Sossusvlei-­duine.

“Die groot, blou lugruim in kontras met die helder sterreprag snags is van die herinneringe wat menige besoekers aan Namibië gaan bybly en toeriste nie ''n hoop geld gaan kos nie.”

Die toptien beste waarde-­bestemmings is: Nepal, Namibië, die stad Porto in Portugal, Venesië in Italië, Debrecen in Hongarye, Belize, Marokko, Rusland, die Bellarine-­skiereiland in Aus­tralië, en Michigan se opper­skiereiland in Amerika.

© West to Wild Coast - 2024 | Links | List / Manage Your Business | Namibië tweede vir waarde in toerisme

Website Design and Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting